Job Details

Restaurant- & Sjef/Kombuisbestuurder (2 poste)

Closing Date : 2023-01-23
Closed : Yes
Description:
Rooiberg Wynkelder se Red Chair Bistro & Deli (Robertson) brei uit en beskik oor die volgende 2 poste: 1) RESTAURANTBESTUURDER Hierdie is ‘n geleentheid vir ‘n vlot tweetalige persoon (Afrikaans en Engels), met ‘n passie vir kos en wyn, wat gemaklik met mense kan skakel en oor goeie bestuursvaardighede beskik. Die veelsydige pligte behels onder andere: *ontvangs van kliënte *bestuur van kelners *bestuur, motivering en dissiplinering van personeel *tafelbesprekings *skakeling met kliënte en gaste *bemarking van wyn en ander produkte aan kliënte *hantering van kasregister *reël van funksies, bv kinderpartytjies, optredes deur kunstenaars, verjaarsdagvieringe, ens *hantering van bestellings *algemene kantooradministrasie *hantering van sosiale media *alle verwante administratiewe en ad hoc take eie aan hierdie pos. Noodsaaklike kwalifikasies, vaardighede en ervaring: • Matriek • Rekenaarvaardighede • Goeie administratiewe en organisatoriese vaardighede • Bestuurslisensie en eie vervoer • Bereid wees om Saterdae en Sondae te werk • Vorige ondervinding in die restaurantbedryf, wynbedryf of toerismebedryf kan in u guns tel 2) SJEF/KOMBUISBESTUURDER Die dienste van 'n persoon met ervaring in die restaurant/spysenieringsbedryf, met ‘n passie vir kos en wyn en goeie administratiewe vaardighede, word benodig. Die veelsydige pligte behels onder andere: *samestelling en bestuur van spyskaart *bestuur van kombuispersoneel *kwaliteitsbestuur *voorraadbeheer, kontrole en bestellings *skakeling met kliënte. Noodsaaklike kwalifikasies, vaardighede en ervaring: • Matriek • Bestuurslisensie • Vlot Afrikaans en Engels • Goeie organisatoriese vaardighede • Bereid wees om Saterdae en Sondae te werk • Restaurant- / Spysenieringsondervinding kan in u guns tel Diensaanvaarding: 1 April 2023 Aansoeke met volledige CV moet voor 09:00 op 23 Januarie 2023 gerig word aan: marianne@rooiberg.co.za Dui asb duidelik aan watter pos u voor aansoek doen. Indien u nie binne 10 dae na die sluitingsdatum terugvoer ontvang het nie, aanvaar asb dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...