Job Details

Skakel-assistent

Closing Date : 2016-03-22
Closed : Yes
Description:
Die suksesvolle kandidaat sal betrokke wees by alle skakelbedrywighede – intern en ekstern – wat met La Motte se beeld en betrekkinge verband hou. Die pos behels: • skakelondersteuning ten opsigte van belangrike gaste en die media • programbeplanning en -koördinering • gaste-ontvangs • reëlings met betrekking tot gasteverblyf op die landgoed • organisering van toerismepromosies • interne skakelwerk ten opsigte van personeel en byeenkomste • koördinering van byeenkomste/onthale en klassiekemusiek-konserte wat op die landgoed aangebied word • aanbied van wynproeë vir belangrike gaste • aankope wat met skakelverpligtinge verband hou • hulpverlening met bemarkingsaktiwiteite • alle ander verwante administratiewe take. Kwalifikasies en vaardighede: • naskoolse kwalifikasie op die wyn- of gasvryheidsbedryf gerig • drie jaar ondervinding in ’n soortgelyke pos in die wyn- en/of gasvryheidsbedryf • grondige kennis van wyn • passie en aanvoeling vir kos en wyn • uitmuntende kommunikasie- en taalvaardighede in Afrikaans en Engels • kennis van tradisionele sowel as sosialemedia-skakeling • uitmuntende rekenaarvaardigheid • goeie interpersoonlike skakeling • die vermoë om gaste ’n besonderse La Motte-ervaring te bied • ’n netjiese, aantreklike voorkoms • ’n oog vir detail • bereidwilligheid om aan die ongereelde werksure van die pos te voldoen. ’n Mededingende salaris in ooreenstemming met die graad van voldoening aan bostaande kriteria word aangebied As u binne twee weke na die sluitingsdatum geen terugvoering ontvang nie, aanvaar asseblief dat u aansoek nie geslaag het nie.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...