Administratiewe Assistent: Verkope
Closing Date : 2016-03-18
Closed : Yes
Description:
Windmeul Kelder, geleë in die skilderagtige Paarl Wynstreek, beskik tans oor bogenoemde loopbaangeleentheid
vir ’n persoon met ’n positiewe, energieke en entoesiastiese lewensbenadering.
Die ideale aansoeker is vlot tweetalig met goeie kommunikasievaardighede en kan met met mense op alle vlakke
kommunikeer. ’n Toepaslike naskoolse kwalifikasie, vorige ondervinding en deeglike administratiewe en rekenaarvaardighede in Pastel is vereistes vir die pos. Ondervinding van WineMS, doeane en aksyns, loonadministrasie, statutêre opgawes (BTW) en SAWIS sal in die aansoeker se guns tel.
U veelsydige pligte behels onder andere: • alle administratiewe en sekretariële pligte vir die Hoofbestuurder en Rekenmeester • skakelbord • primêre finansiële administrasie • wynverkope • alle ander administratiewe take wat met die pos verband hou.
In ruil vir jou bydrae bied Windmeul Wynkelder ’n mededingende vergoedingspakket.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
Indien u geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...