Rekenkundige/ Administratiewe Beampte
Closing Date : 2016-03-16
Closed : Yes
Description:
WILD CLOVER BREWERIES, ’n boetiekbrouery geleë in die pragtige Stellenbosch area, beskik tans oor die volgende betrekking
Rekenkundige/ Administratiewe Beampte
Die suksesvolle kandidaat is ’n lojale, goed-georganiseerde en emosioneelintelligente persoon met ’n aanvoeling vir besigheidsbeginsels en die vermoë om onafhanklik en binne spanverband in ’n klein maar dinamiese omgewing te werk. ’n B. Comm-graad met voltooide SAIPA-klerkskap en minstens 4 jaar ondervinding is voorvereistes vir die pos, terwyl rekenaargeletterheid in Pastel en volle tweetaligheid verdere vereistes is.
Die suksesvolle aansoeker sal primêr verantwoordelik wees vir: • alle rekeningkundige en administratiewe pligte wat van toepassing is op verskillende operasionele aktiwiteite en prosesse (bierbrouery, feeste, handelsarea) • proseskoste-vaslegging van die broustelsel • bestellings • voorraadbeheer en kontroles • lone • debiteure en krediteure • BTW-berekeninge en -rekonsiliasies • die opstelling van stelsels en kontroles en die verfyning en verdere ontwikkelling daarvan • die byhou van aktiewe werksdokumente vir kontrolering deur die finansiële bestuurder • logistiek, bemarking en verkope, afhangende van behoeftes.
In ruil vir u bydrae bied Wild Clover Breweries ’n mededingende vergoedingspakket.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...