Gehalteversekeringskontroleur
Closing Date : 2016-03-11
Closed : Yes
Description:
uniWines Vineyards, met hulle hoofkantoor in die pragtige Breedekloof Wynstreek, beskik tans oor die volgende betrekking:
Gehalteversekeringskontroleur
Die pos bied ’n uitdagende geleentheid vir ’n selfstandige, analitiese, ondernemende en gefokusde persoon met goeie interpersoonlike vaardighede. Die geskikte kandidaat is ten volle gekwalifiseerd as Wynmaker met ten minste 4 jaar ondervinding en sal direk met die Dagbestuurslede skakel en aan die Besturende Direkteur rapporteer.
Daar sal van u verwag word om onder meer: • ISO22000-/HACCP-kontroles en -stelsels te onderhou en waar nodig, nuwes te implementeer • te verseker dat die maatskappy suksesvol is in die nakoming van statutêre produkvereistes, beroepsveiligheid en gesondheid, sosiale verantwoording, omgewings- en risikobestuur • die maatskappy se mededingendheid in die plaaslike sowel as oorsese markte te onderhou en uit te brei • diens te doen as opleier, organiseerder, fasiliteerder en selfs motiveerder binne ’n leierskapsposisie • alle verwante administratiewe en ad hoc-take eie aan hierdie pos te verrig.
In ruil vir u bydrae bied uniWines Vineyards ’n mededingende vergoedingspakket.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
Indien geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang is nie, kan aanvaar word dat die aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...