Bouvoorman
Closing Date : 2016-02-29
Closed : Yes
Description:
Ons kliënt, ’n gevestigde konstruksiemaatskappy geleë in die Paarl, beskik tans oor die onderstaande vakature
Bouvoorman
Ons benodig die dienste van \\\'n self gemotiveerde persoon met goeie kommunikasievaardighede in beide Afrikaans en Engels en wat goed met mense op alle vlakke kan kommunikeer om verantwoordelikheid te aanvaar op bouprojekte waarby die firma betrokke is. ’n Minimum van 5 tot 10 jaar ondervinding in die boubedryf (± 3 jaar as toesighouer) is ’n voorvereiste vir die pos.
Pligte behels onder andere skakeling met konsultante en kliënte, toesighouding en koördinering van sub-kontrakteurs, bestuur en beheer van materiaal en toerusting, koste-effektiewe beheer van bouprojek, toepas van kwaliteitsbeheer en veiligheid en alle ander verwante take.
In ruil vir jou bydrae bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 29 Februarie 2016 Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital Management 021 863 1444.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...