Kantoorbestuurder (Koerierdienste)
Closing Date : 2015-07-03
Closed : Yes
Description:
Kantoorbestuurder
(Koerierdienste, Worcester)
Ons kliënt, ’n gevestigde koerierdiens met hulle hoofkantoor in die Paarl, beskik tans oor bogenoemde posisie by hulle kantoor in Worcester. Die geskikte kandidaat is ’n betroubare en toegewyde persoon wat goed met mense op alle vlakke kan kommunikeer, asook organisatories, onder druk en baie noukeurig kan werk. Verder vereistes sluit in: • deeglike administratiewe en rekenaarvaardighede (MS Office) •’n toepaslike naskoolse kwalifikasie • ongeveer 3 jaar ondervinding in ’n soortgelyke pos.
Die suksesvolle aansoeker sal hoofsaaklik verantwoordelik wees vir: • skakeling met kliënte • skakelbordhantering • kantooradministrasie • skakeling met koeriers en reëling van op- en aflaai van pakkies asook alle ander ad hoc-take verwant aan die pos.
In ruil vir u bydrae bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 3 Julie 2015. Kontak vir Ilze van Niekerk by 021 863 1444 vir enige verdere navrae.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...