Administratiewe Assistent
Closing Date : 2022-06-20
Closed : Yes
Description:
Ons kliënt, ‘n verpakkings-maatskappy in die Paarl, het tans die bogenoemde posisie beskikbaar: Hierdie is ‘n uitstekende loopbaangeleentheid vir ’n betroubare, energieke en selfgemotiveerde persoon met sterk interpersoonlike- en administratiewe vaardighede, en die vermoë om akkuraat onder druk te kan werk.
Pligte en verantwoordelikhede sal onder andere die volgende insluit: *administrasie en opvolg van verkoops- en aankoopsbestellings *rekordhouding van kwotasies *kommunikasie met kliënte en verskaffers *algemene administratiewe ondersteuning *alle ander take wat met die posisie verband hou.
Noodsaaklike kwalifikasies, vaardighede en ervaring:
• Senior sertifikaat (Matriek);
• Minstens twee (2) jaar ervaring in ‘n administratiewe posisie;
• Geldige kode-B bestuurderslisensie;
• Sterk rekenaarvaardighede is voorvereistes vir die posisie.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.
In ruil vir u bydrae bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan.
Vir enige navrae, kontak ons span by M3 Human Capital Management op 021 863 1444.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 20 Junie 2022.
Let asb dat slegs gekortlysde kandidate gekontak word. Indien u geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang nie, aanvaar asb dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...