Sweiser
Closing Date : 2022-06-10
Closed : Yes
Description:
Môreson Grondverskuiwers, ‘n toonaangewende grondverskuiwingsmaatskappy gebaseer in Robertson (Wes-Kaap), het tans die bogenoemde pos beskikbaar vir 'n Sweiser.
Noodsaaklike kwalifikasies, vaardighede en ervaring:
• 5 Jaar toepaslike ondervinding (na aflegging van ‘n vaktoets) as ‘n Sweiser;
• Kandidate moet oor die vermoë beskik om planne te vertolk en oor bewese ervaring beskik van herstelwerk op swaar industriële masjienerie. Ervaring in die grondverskuiwings industrie sal voordelig wees;
• Applikante moet bewese ervaring hê in “gas cutting”, “plasma cutting” en “MIC welding”;
• Applikante moet verskieslik vertroud wees met sweis op staal dikker as 40mm;
• ‘n Geldige Kode C1 (Kode 10) bestuurslisensie met “PDP” sal voordelig wees.
Kandidate moet ook aan die volgende vereistes voldoen:
• Oor ‘n goeie diensrekord beskik en kontakbare verwysings vermeld;
• Moet betroubaar, energiek en hardwerkend van karakter wees en goeie menseverhoudinge kan handhaaf;
• Moet bereid wees om oortyd, Saterdae en vakansiedae te werk soos versoek.
Vir enige navrae, kontak ons span by M3 Human Capital Management op 021 863 1444.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za of faks u opgedateerde CV na 0864767971 voor 09:00 op 10 Junie 2022.
Let asb dat slegs gekortlysde kandidate gekontak word. Indien u geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang nie, aanvaar asb dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...