Job Details

Passer en Draaier

Closing Date : 2022-06-10
Closed : Yes
Description:
Môreson Grondverskuiwers, ‘n toonaangewende grondverskuiwingsmaatskappy gebaseer in Robertson (Wes-Kaap), het tans die bogenoemde pos beskikbaar vir 'n Passer en Draaier. Noodsaaklike kwalifikasies, vaardighede en ervaring: • 5 Jaar toepaslike ondervinding (na aflegging van ‘n vaktoets) as ‘n Passer en Draaier; • Kandidate moet oor die vermoë beskik om fout-analise en onderhoud op grondverskuiwingsmasjien-onderdele te kan doen en die betrokke onderdele te kan vervaardig; en waar nodig op die betrokke masjien te installeer volgens industrie-standaarde; • Goeie ondervinding van onder andere hidroliese stelsels sal voordelig wees. Kandidate moet ook aan die volgende vereistes voldoen: • Oor ‘n goeie diensrekord beskik en kontakbare verwysings vermeld; • Moet betroubaar, energiek en hardwerkend van karakter wees en goeie menseverhoudinge kan handhaaf; • Moet bereid wees om oortyd, Saterdae en vakansiedae te werk soos versoek. Vir enige navrae, kontak ons span by M3 Human Capital Management op 021 863 1444. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za of faks u opgedateerde CV na 0864767971 voor 09:00 op 10 Junie 2022. Let asb dat slegs gekortlysde kandidate gekontak word. Indien u geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang nie, aanvaar asb dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...