Job Details

Uitvoerende Assistent vir Besturende Direkteur

Closing Date : 2016-03-03
Closed : Yes
Description:
UITVOERENDE ASSISTENT VIR BESTURENDE DIREKTEUR (Landbouekonomies/finansieel/operasioneel) Die Laastedrif Groep, met sy hoofkantore hoog teen die Matroosberge in die Ceres vallei, beskik tans oor die bogenoemde posisie. Die suksesvolle kandidaat is ‘n dinamiese, lojale, gestruktureerde en emosioneel intelligente persoon met ‘n passie vir landbou en ‘n aanvoeling vir besigheidsbeginsels. ‘n Tersiêre kwalifikasie in lanbouekonomie of finansieel van aard met 5-7 jaar ondervinding in die Agri-industrie is voorvereistes vir die pos, terwyl rekenaargeletterheid en volle tweetaligheid verdere vereistes is. Die suksesvolle kandidaat sal direk aan die Besturende DIrekteur (BD) rapporteer en verantwoordelik wees vir * verwerking en voorlegging van produksie- en verpakkingsyfers van alle besigheidseenhede * generering van kostebestuuruitsette * maandelikse begrotingsrapportering * inventaris bestuur * verteenwoordiging van Groep by besprekings en vergaderings * neem van notules en skeduleer implimentering van besluite * administratiewe ondersteuning aan die BD * kontakpersoon vir alle besoekers, kliënte, verskaffers ens. * enige ander take wat van tyd tot tyd deur die BD gestippuleer word. In ruil vir jou bydrae bied die Laastedrif Groep ’n mededingende vergoedingspakket aan. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...