Job Details

Sekretaresse/Wynverkope

Closing Date : 2022-06-10
Closed : Yes
Description:
Rooiberg Wynkelder in die pragtige Robertson Wynvallei, beskik tans oor die bogenoemde betrekking. Hierdie is ’n geleentheid vir 'n vlot tweetalige persoon (Afrikaans & Engels) wat goed met mense op alle vlakke kan kommunikeer en oor baie sterk administratiewe vaardighede beskik. Die veelsydige pligte behels onder andere: *algemene sekretariële werk *hantering van skakelbord *skakeling met kliënte, aandeelhouers en alle belangegroepe binne en buite die kelder *logistieke reëlings met betrekking tot bestellings *assisteer met promosies en by wynfeeste *die aanbied van informele wynproeë *sosiale media *alle verwante administratiewe en ad hoc take eie aan hierdie pos. Noodsaaklike kwalifikasies, vaardighede en ervaring: • 'n Toepaslike naskoolse kwalifikasie; • Uitstekende rekenaarvaardighede; • Ondervinding van die wynbedryf, asook kennis van sosiale media- en webblad-onderhoud, sal in die aansoeker se guns tel; • Bestuurderslisensie en eie vervoer; • Bereidwilligheid om een Saterdag en een Sondag van elke maand in die proelokaal diens te doen en die wynproeë en verkope te hanteer. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik Vir enige navrae, stuur asb 'n e-pos na: marianne@rooiberg.co.za In ruil bied Rooiberg Wynkelder ’n mededingende vergoedingspakket aan. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 10 Junie 2022. Let asb dat slegs gekortlysde kandidate gekontak word. Indien u geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang nie, aanvaar asb dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...