Job Details

Skakelbeampte/Proelokaalassisstent

Closing Date : 2016-03-25
Closed : Yes
Description:
Stellenbosch Hills Wines, geleë in die pragtige Stellenbosch area, beskik tans oor die bogenoemde betrekking. Hierdie is ’n ideale geleentheid vir ’n vlot tweetalige persoon met goeie kommunikasievaardighede, wat goed met mense op alle vlakke kan kommunikeer. ‘n Toepaslike naskoolse kwalifikasie en rekenaarvaardigheid is vereistes vir die pos terwyl ondervinding van die wynbedryf in die aansoeker se guns sal tel. Kennis van instandhouding van sosiale media sal ook in die aansoeker se guns tel. Die posbekleër se uiteenlopende pligte behels onder andere: • wynverkope • die aanbied van formele en informele wynproeë • skakeling met kliënte, kelderlede en alle belangegroepe binne en buite die kelder • bemarkings- en skakelaktiwiteite • debiteure • voorraadopname • sosiale media • alle verwante administratiewe en ad hoc-take wat met die pos verband hou. In ruil vir jou bydrae bied Stellenbosch Hills ’n mededingende vergoedingspakket. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...