Job Details

Assistent Wynmaker

Closing Date : 2016-02-10
Closed : Yes
Description:
Suid-Kaap Wingerde met sy aanlegte, geleë in Ladismith en Barrydale, benodig ’n uitstekende kommunikeerder met sterk interpersoonlike en leierskapsvaardighede en wat ten volle gekwalifiseerd is in Wingerdbou en Wynkunde. Vorige ondervinding sal in die aansoeker se guns tel maar is nie ’n vereiste vir die pos nie. Die Assistent-Wynmaker raporteer direk aan die Bestuurder/Wynmaker en is verantwoordelik vir * die köordinering van parsaktiwiteite * versnyding en stabilisering van wyn * voorraadbeheer en behulpsaam met die aankope van chemikalië * kelder administrasie * die wynmaakproses * bestuur en implimentering van kwaliteitskontrole stelsels * beheer en toesig oor kelderpersoneel * skakeling ten opsigte van wynproë en –promosies. In ruil vir jou bydrae bied Suid-Kaap Wingerde ‘n mededingende vergoedingspakket aan. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...