Job Details

Swaarvoertuigbestuurder

Closing Date : 2016-02-09
Closed : Yes
Description:
La Motte Landgoed in die Franschhoekvallei beskik tans oor die volgende post vir energieke, toegewyde, betroubare persone met ‘n positiewe lewensbenadering. ’n Verantwoordelike, netjiese persoon met sober gewoontes word vereis. Aansoeke word ingewag van persone wat aan die volgende vereistes voldoen: • Geldige Kode 10-rybewys asook PDP • Ten minste 2 jaar ondervinding as swaarvoertuigbestuurder • Matrieksertifikaat • Vlot tweetaligheid (Afrikaans en Engels). Die volgende pligte is van toepassing: • Vervoer van werknemers en goedere • Was en skoonmaak van vragmotor • Op- en aflaai van goedere • Ander take op die plaas, wanneer nodig • Bereidwilligheid om geskeduleerde Saterdae, Sondae en openbare vakansiedae te werk. La Motte bied ’n mededingende salaris in ooreenstemming met die graad van voldoening aan bostaande vereistes en pligte. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik. As u binne twee weke na die sluitingsdatum geen terugvoering ontvang nie, aanvaar asseblief dat u aansoek nie geslaag het nie.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...