Algemene Werker/Nutsman
Closing Date : 2016-02-09
Closed : Yes
Description:
La Motte Landgoed in die Franschhoekvallei beskik tans oor die volgende post vir energieke, toegewyde, betroubare persone met ‘n positiewe lewensbenadering
Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die doeltreffende instandhouding en die netheid van geboue, toerusting en tuine, asook algemene hulpverlening op die In Harmonie-perseel.
Aansoeke word ingewag van kandidate wat oor die volgende beskik:
• ’n Praktiese ingesteldheid • Algemene vaardigheid met en kennis en ondervinding van algemene basiese herstel- en instandhoudingswerk • ‘n Skerp oog vir defekte of potensiële defekte wat aandag vereis. Die volgende pligte is van toepassing: • Die kontroleer van toerusting en aanmeld van defekte • Die monitering van veiligheidstoerusting, soos brandblussers en die alarmstelsel • Gereelde aandag aan die korrekte funksionering van bv. elektriese apparaat, watertoevoer en -wegvoer, die rioolstelsel, en opvolgwerk wanneer nodig • Algemene hulpverlening met werk aan geboue • Tuininstandhouding • Die voorbereiding van byeenkomslokale • Hulpverlening met byeenkomste, soos parkeer-aanwysing en die vervoer van gaste • Bereidwilligheid om geskeduleerde Saterdae, Sondae en openbare vakansiedae te werk.
La Motte bied ’n mededingende salaris in ooreenstemming met die graad van voldoening aan
bostaande vereistes en pligte.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.
As u binne twee weke na die sluitingsdatum geen terugvoering ontvang nie, aanvaar asseblief dat u aansoek nie geslaag het nie.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...