Junior Plaasbestuurder (Kenia)
Closing Date : 2016-03-07
Closed : Yes
Description:
Ons kliënt, ’n gevestigde boerdery-onderneming in Kenia, benodig ’n jong en dinamiese persoon vir hierdie vakante pos. Tweetaligheid sowel as twee tot drie jaar landboukundige ondervinding is vereistes vir die pos. ’n Náskoolse kwalifikasie en ondervinding van roosverbouing sal in die aansoeker se guns tel maar is nie vereistes vir die pos is nie.
Die suksesvolle kandidaat sal aan die eienaar rapporteer en verantwoordelik wees vir die totale bestuursfunksie van ’n volle eenheid.
Pligte behels onder andere: • aanplantings • bemesting • besproeiing • siekte- en plaagbeheer • snoeiprogramme • voorbereiding • onkruidbeheer • personeelbestuur • boerdery-administrasie • begrotingsbestuur • onderhoudsbestuur • alle ander take wat met die pos verband hou.
Diensaanvaarding: So spoedig as moontlik.
Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum ontvang het nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...