Job Details

Wingerdboukundige

Closing Date : 2015-07-31
Closed : Yes
Description:
Ons kliënt, geleë in die Olifantsrivier Wynstreek, beskik oor ’n vakature vir ’n toegewyde wingerdboukundige met ’n passie vir wingerdbou en wyn. Die geskikte kandidaat moet oor goeie interpersoonlike verhoudinge en -vaardighede beskik, met die vermoë om in spanverband in die produksiespan en saam met bemarkers te werk en onafhanklik op te tree. ’n Toepaslike naskoolse kwalifikasie en sterk adminstratiewe en rekenaarvaardighede is verdere vereistes vir hierdie pos. Die suksesvolle kandidaat sal direk aan die Produksiebestuurder rapporteer en verantwoordelik wees vir: * alle fasette van wingerdbou advies aan produsente * identifisering van en detailbetrokkenheid by strategiese wingerdblokke * bestuur van druiwelewerings gedurende parstyd * betrokkenheid by toepaslike kelderaktiwiteite * IPW-rekordhouding * Wieta en bestuur van kwaliteitskontrolestelsels * hulp met wynpromosies en –verkope * alle administratiewe en rekenaartake op WineMS. In ruil bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik Indien geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang is nie, kan aanvaar word dat die aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...