Job Details

Produksiebestuurder (Olyfindustrie)

Closing Date : 2016-02-02
Closed : Yes
Description:
Willow Creek Products, ’n gevestigde onderneming in die verwerking en bemarking van olywe en olyfolie in die Nuyvallei, Worcester, beskik tans oor hierdie uitdagende geleentheid. Die suksesvolle kandidaat is ’n persoon met bestuursvernuf wat proaktief en georganiseerd is, onder druk en baie noukeurig kan werk. Benewens ’n toepaslike naskoolse kwalifikasie, rekenaarvaardigheid en ten minste 3-5 jaar ondervinding as produksiebestuurder, moet die aangewese kandidaat ook ten volle tweetalig en ’n uitstekende kommunikeerder wees wat goeie menseverhoudinge kan handhaaf. Ondervinding in die olyfindustrie is nie ’n voorvereiste nie, maar sal in die aansoeker se guns tel. Hierdie betrekking behels die volgende bestuursfunksies: • bestuur van olyfolie-produksie, olyf-fermentasie en asynproduksie • verantwoordelikheid vir uitstekende produkkwaliteit • instandhoudingsbestuur rondom alle masjinerie en toerusting • opstel en aanpas van produksieskedules • kostedoeltreffende produksiestelsels • oorhoofse bestuur van verpakking • oorhoofse bestuur van kwaliteitstelsels (o.a. ISO 22000 & HACCP) • toepassing van Gesondheids- en Veiligheidsriglyne volgens wetgewing • skakeling met ander departemente om produksiedoelwitte te bereik • bestuur en motivering van personeel • identifisering van opleidingsbehoeftes en prestasiebeoordeling van ondergeskiktes • opstel en bestuur van produksiebegrotings • alle ander ad hoc-take verwant aan die pos. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik. NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...