Job Details

Pakhuisbestuurder/-Administrateur

Closing Date : 2015-06-26
Closed : Yes
Description:
Ons kliënt, ’n gevestigde pakstoor geleë in Stellenbosch, beskik tans oor die bogenoemde vakature. Hierdie is ’n uitmuntende loopbaangeleentheid vir ’n jong, energieke persoon met bestuursvernuf wat goeie menseverhoudinge handhaaf, uitstekend kommunikeer, georganiseerd is en uitstekend onder druk kan funksioneer. ’n Toepaslike ná-skoolse kwalifikasie en bewese ondervinding van verpakkings- en administratiewe prosesse asook algemene bestuur is verdere vereistes vir die pos. Die suksesvolle aansoeker sal aan die Senior Bestuurder rapporteer en verantwoordelik wees vir die funksionele en produktiewe afhandeling van produkverpakking en administratiewe verpligtinge, wat die volgende insluit: • algemene kantooradministrasie • bestuur en implementering van Vitraxstelsel • debiteur-/krediteuradministrasie • datavaslegging • personeelbestuur • salaris-/loonadministrasie • kontoleer plaaslike verkope • beheer oor en bestuur van voorraad • bestuur van laaiplankregistrasies • beheer en bestuur van koelkamers • instandhouding van akkrediteringstelsels • bestuur oes, sny en verpakking van fynbos • alle ander ad hoc-take wat met die pos verband hou. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...