It appears you are using an older browser, please note that this site will not function properly!
Job Details

Senior Plaasbestuurder (Tafel- & Wyndruiwe/Sitrus)

Closing Date : 2021-03-18
Closed : Yes
Description:
Green Willows Prop 80 (Pty) Ltd te Halfmanshof (geleë net buite Porterville), wat deel vorm van die Van der Merwe Vrugte Plase Groep, het die bogenoemde betrekking beskikbaar vir ‘n individu met uitstekende leierseienskappe, asook goeie beplannings- en kommunikasievaardighede (Afrikaans & Engels).

Die suksesvolle kandidaat sal direk aan die Direkteur rapporteer en sal verantwoordelik wees vir die bestuur van alle boerdery aktiwiteite, insluitend: *bestuur van produksieprosesse (besproeiing, kunsmistoediening, gifprogramme en spuit, snoei, oes, kwaliteitsbestuur, nuwe aanplantings) *beplanning en beheer van plaas instandhouding en onderhoud *bestuur van operasionele kostes *oesskattings en beplanning rondom druiwe oes *personeelbestuur *beplanning en bestuur van pakmateriaal *bestuur van pakhuis gedurende die druiwe seisoen *akkreditasies (GlobalG.A.P., Tesco, HACCP, BRC, en Etiese Oudits (Wieta, Siza) *rekordhouding en samestelling van produksieverslae *alle ander pligte wat met die posisie verband hou.

Noodsaaklike kwalifikasies, vaardighede en ervaring:
• ‘n Relevante naskoolse kwalifikasie sal in die kandidaat se guns tel;
• Minimum 10 jaar werkservaring in tafeldruiwe/wyndruiwe/sitrus (insluitend in ‘n bestuurskapasiteit);
• Kennis van relevante kwaliteitstelsels en akkreditasies;
• Uitstekende administratiewe en rekenaarvaardighede (MS Office);
• Geldige bestuurderslisensie.

In ruil bied Green Willows Prop 80 (Pty) Ltd ‘n mededingende vergoedingspakket aan wat behuising op die plaas insluit.

Diensaanvaarding: 1 Mei 2021 of so spoedig moontlik

Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 18 Maart 2021.

Vir algemene navrae, kontak ons Werwingspan by M3 Human Capital Management by 021 863 1444.

Indien u geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang nie, aanvaar asb dat u aansoek onsuksesvol was.