It appears you are using an older browser, please note that this site will not function properly!
Job Details

Salarisse en Lone / Menslike Hulpbronne Beampte

Closing Date : 2020-06-26
Closed : Yes
Description:
Ons kliënt, ‘n meubel vervaardiger geleë in die Paarl, beskik tans oor die bogenoemde betrekking vir ‘n georganiseerde individu met uitstekende salaris- en loon verwerkingsvaardighede.

Die posisie is ideaal vir iemand wat op soek is na ‘n posisie in ‘n groot span. Die suksesvolle kandidaat moet vertroud wees met algemene menslike hulpbrontake asook die verwerking van lone en salarisse (70% salaris- en loon verwerking, 30% algemene menslike hulpbrontake).

Die suksesvolle kandidaat sal onder meer verantwoordelik wees vir pligte rakende menslike hulpbronne, administratiewe/ sekretariële take, finansiële take, voorbereiding vir en hantering van departement arbeid oudits, asook enige ander pligte wat verband hou met die posisie.

Noodsaaklike kwalifikasies, vaardighede en ervaring:
• Matriek;
• Minimum 3 jaar relevante ervaring (insluitend werk met lone, kontrakte, Gelyke indiensnemingsplanne, opstel van briewe, ens.);
• Minimum een jaar ondervinding in die gebruik van Pastel Payroll of VIP;
• Uitstekende rekenaarvaardighede, spesifiek MS Excel;
• Bestuurderslisensie en eie vervoer;
• ‘n Relevante naskoolse kwalifikasie sal in die aansoeker se guns tel, maar is nie ‘n vereiste nie.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 26 Junie 2020.

Vir algemene navrae, kontak ons Werwingspan by M3 Human Capital Management by 021 863 1444.

Indien u geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.