It appears you are using an older browser, please note that this site will not function properly!
Job Details

Plaasbestuurder (Sitrus)

Closing Date : 2020-05-29
Closed : Yes
Description:
Ons kliënt, ‘n boerdery geleë in Montagu, beskik tans oor die bogenoemde betrekking vir ‘n proaktiewe individu met uitstekende leierskaps-, beplannings- en kommunikasievaardighede (Afrikaans en Engels).

Die suksesvolle kandidaat sal direk aan die eienaar rapporteer en sal verantwoordelik wees vir die volle boerderyfunksie, wat onder meer die volgende sal insluit:
•Bestuur van alle produksie (snoei, besproeiing, bemesting, bespuiting, oes, ensovoorts);
•Onderhoudsbestuur;
•Personeel/Span bestuur;
•Rekordhouding van produksieverslae;
•Bestuur van die begroting;
•Bestuur van kostes;
•Kwaliteitsbestuur;
•Alle ander pligte relevant tot die posisie.

Noodsaaklike kwalifikasies, vaardighede en ervaring:
• ‘n Relevante na-skoolse kwalifikasie;
• Minimum 5 jaar werkservaring in sitrusboerdery (groenteboerdery, spesifiek pampoenboerdery kennis sal voordelig wees);
• Kennis van boerdery implemente;
• Sterk vermoë om 'n span van 50 werkers te bestuur;
• Geldige bestuurderslisensie.

In ruil bied ons kliënt ‘n mededingende vergoedingspakket aan wat 3-slaapkamer behuising insluit asook ‘n plaasvoertuig met brandstof.

Diensaanvaarding: 1 Julie 2020

Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 29 Mei 2020.

Vir algemene navrae, kontak ons Werwingspan by M3 Human Capital Management by 021 863 1444.

Indien u geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang nie, aanvaar asb dat u aansoek onsuksesvol was.