It appears you are using an older browser, please note that this site will not function properly!
Job Details

Menslike Hulpbronbestuurder

Closing Date : 2020-05-14
Closed : Yes
Description:
Breëriviervallei Bottelerings Ko-op Bpk. beskik tans oor die bogenoemde posisie vir ‘n dinamiese, georganiseerde en gestruktureerde persoon met uitstekende interpersoonlike en kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels.

Verantwoordelikhede sal onder meer die volgende insluit: • Beleide • Personeel rekords • Salarisadministrasie • Prestasiebestuur • Werwing en opvolgbeplanning • Vaardigheidsontwikkeling • Gelyke indiensneming • Arbeidsverhoudinge (insluitend skakeling met die vakbond) • BBBEE-verslaggewing • alle ander take wat met die posisie verband hou.

Noodsaaklike kwalifikasies, vaardighede en ervaring:
• Graad in Menslike Hulpbronne of verwante vakgebied;
• Minimum 5 jaar ervaring in ‘n soortgelyke posisie, spesifiek ervaring met vakbonde;
• Werkservaring met VIP sal voordelig wees;
• Kennis van beroepsgesondheid en -veiligheid sal voordelig wees;
• Ervaring in die wyn-/landboubedryf sal in die kandidaat se guns tel.

Doen asseblief voor 09:00 op 14 Mei 2020 aanlyn aansoek by www.m3online.co.za

Vir algemene navrae, kontak ons werwingspan by M3 Human Capital Management by 021 863 1444.

Indien u geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.