It appears you are using an older browser, please note that this site will not function properly!
Job Details

Nakomings/Menslike Hulpbron Beampte (Deeltyds)

Closing Date : 2020-04-10
Closed : Yes
Description:
Ons kliënt, ‘n wyndruiwe plaas geleë in die skilderagtige Riebeekvallei, beskik tans oor die bogenoemde betrekking vir ‘n proaktiewe en georganiseerde individu met uitstekende beplannings- en kommunikasievaardighede (Afrikaans en Engels).

Die posisie is ideaal vir iemand wat op soek is na ‘n deeltydse posisie – die suksesvolle kandidaat sal twee dae van die werksweek aan diens wees.

Die suksesvolle kandidaat sal direk aan die eienaar rapporteer en sal onder meer verantwoordelik wees vir alle pligte rakende menslike hulpbronne, administratiewe/ sekretariële take, finansiële take, voorbereiding vir en hantering van etiese oudits, asook enige ander pligte wat verband hou met die posisie.

Noodsaaklike kwalifikasies, vaardighede en ervaring:
• Matriek;
• Minimum 3 jaar relevante ervaring (insluitend werk met lone, kontrakte, rekeninge betaal, opstel van begroting, ensovoorts);
• Vorige ervaring met WIETA oudits;
• Uitstekende rekenaarvaardigheid;
• Bestuurderslisensie en eie vervoer;
• ‘n Relevante naskoolse kwalifikasie sal in die aansoeker se guns tel, maar is nie ‘n vereiste nie.

Diensaanvaarding: Junie 2020

Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 10 April 2020.

Vir algemene navrae, kontak ons Werwingspan by M3 Human Capital Management by 021 863 1444.

Indien u geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.