It appears you are using an older browser, please note that this site will not function properly!
Job Details

Vloot Kontroleur

Closing Date : 2020-02-24
Closed : Yes
Description:
Vloot Kontroleur

Ons kliënt, ‘n gevestigde padvervoer/logistieke maatskappy geleë in die Boland, bied tans die bogenoemde betrekking vir ‘n onafhanklike, tweetalige persoon (Afrikaans en Engels) wat oor uitstekende kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede beskik en goed onder druk kan werk.

Die suksesvolle kandidaat sal onder meer verantwoordelik wees vir die volgende: *daaglikse skedulering van die oplaai en aflaai van produkte *monitering van voertuig roetes *bestuur van bestellings *hantering van relevante dokumentasie *rekordhouding *skakeling met drywers en kliënte *personeelbestuur *kwaliteitsbestuur *uitbreiding van kliëntebasis *alle verwante administratiewe take.

Noodsaaklike kwalifikasies, vaardighede en ervaring:
• Deeglike administratiewe- en beplanningsvaardighede;
• Uitstekende rekenaarvaardigheid (MS Office);
• Bestuurderslisensie en eie betroubare vervoer;
• ‘n Toepaslike naskoolse kwalifikasie in Logistiek, asook vorige ondervinding in ‘n logistieke/vervoer omgewing sal in die kandidaat se guns tel.

Verdere vereistes:
Bereidwilligheid om oortyd en naweke te werk.

In ruil bied ons kliënt mededingende vergoeding aan.

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik

Doen asseblief aanlyn aansoek op www.m3online.co.za voor 09:00 op 24 Februarie 2020.

Vir algemene navrae, kontak ons Werwingspan by M3 Human Capital Management by 021 863 1444.

Indien u geen terugvoering binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.